Hier is
nou vir jou 'n lekker en maklike reseppie vir 'n sjokoladekoek. Ek kan dit
streng aanbeveel. Die koek was 'n reuse sukses met my gesin.
Sjokolade-Oliekoek
1/2
Koppie Kakao (Coco)1 Koppie Kookwater (Boiling Water)
4 Groot Eiers (Eggs)
1 1/2 Koppie Suiker (Sugar)
1/2 Koppie Olie (Rice Bran Oil - hoogs aanbeveelde kolesterol vrye alternatief)
1 Teelepel Vanieljegeursel (Vanilla Essence)
1 4/5 Koppie (450ml) Koekmeel (Plain Flour)
3 Teelepels Bakpoeier
1/2 Teelepel Sout
1 Koppie
Suiker (Sugar)
50ml
Mielieblom (Cornflour)50ml Kakao (Coco)
7ml Kitskoffiepoeier (Instant Coffee)
1 1/2 Koppie Water (Water)
50ml Sagte Botter (Butter)
Voorverhit
jou oond teen 180grade Celsius.
Sprei
twee middelslagtige ronde koekpanne ligtelik met olie en voer met bakpapier
uit.
Meng die
kakao en kookwater totdat alle klonte opgelos is en laat die mengsel eenkant om
af te koel. Klits die eiergele saam. Kits dan die suiker bietjiesgewys by en
hou aan klits totdat die mengsel liggeel en sponsagtig dik is.
Roer die
kakaomengsel, olie, en vanieljegeursel by die eiergeelmengsel. Sif die meel, bakpoeier
en sout saam en roer dit ook by. Klits die eierwitte tot styf en vou dit in die
deeg in.
Gooi die
deeg in die twee panne en bak vir 25 tot 30 minute op die onderste rak van jou
oond.
Hou ʼn
ogie op jou koek. Sodra die koek bruin raak en ietwat van die pan loskom
is dit reg vir 'n pentoets. Steek 'n dun breipen of sosatiestokkie in die
middel van jou koek. As daar geen rou deeg aan die pen met die uittrekslag
vassit nie is die koek reg om uitgehaal te word.
Haal die twee panne uit en laat staan vir 5 minute. Keer beide panne op 'n ysterrak uit en laat die koek afkoel.
Sodra jy jou koek in die oond sit kan jy begin met die voorbereiding van jou versiersel.
Haal die twee panne uit en laat staan vir 5 minute. Keer beide panne op 'n ysterrak uit en laat die koek afkoel.
Sodra jy jou koek in die oond sit kan jy begin met die voorbereiding van jou versiersel.
Meng al
die versiersel bestanddele (suiker, mielieblom, kakao, kitskoffie, water en
sagte botter) saam in ʼn yster of glasbak wat bo-op 'n pot sal pas. Vul die pot
met water en bring tot kookpunt. Plaas bak met bestanddele bo-op en roer
aaneenhoudend tot die mengsel dik word. Dit kan 'n hele rukkie neem. Sodra die
mengsel dik is, is dit reg en kan die van die stoof af kom en eenkant gesit
word om af te koel.
Wanneer
jou koek lae afgekoel is kan jou versierwerk begin. Ek kan 'n middellaag
karamel hoog aanbeveel. Die sjokoladeversiersel wat jy gemaak het kan gebruik
word om bo-op en rondom die koek te smeer. Rond die koek af deur gerasperde sjokolade
en "hundreds and thousands" bo-oor te sprinkle.
Die koek
is reg om bedien te word! Geniet elke krummel.
No comments:
Post a Comment